TENNIS 2016

Na deeglike ondersoek is daar besluit om vanjaar aan die Vaaldriehoekliga deel te neem.  Sterker kompetisie by name Volkskool Heidelberg, Transvalia en Driehoek was van die vernaamste redes waarom die besluit geneem is.

Provinsiale spelers

Fezile Dabi Tennisspelers - O/15 Larize Nel, Pirow Engelbrecht, Zian Pretorius, Arend Pretorius en Johan Geldenhuys.

O/18 Jesse Beukes, Clinton Stolz, Dewald Spies, Jaco Geldenhuys en Elsje le Roux.

 

TENNIS - VAALDRIEHOEKKAMPIOENE

Die 1ste seunspan en meisiespan is die nuwe kampioene. Ons is baie trots op julle.

 

tennisFD

 

TennisFochville 044

 

 

TennisFochville 032 - Copy   TennisFochville 049 - Copy   TennisFochville 058 - Copy   TennisFochville 074  
               
               

 

SUN CITY 2016

 

 

SUN CITY SPAN 2015

tennissuncity 003

 

Tennisspanne 006 Tennisspanne 018 Tennisspanne 022
Boys 1st Team 2015 Girls 1st Team 2015  

 

Tennisaksie vs Rooiskool

tennisnvs 021 tennisnvs 024 tennisnvs 030
tennisnvs 074 tennisnvs 048 tennisnvs 056
     

 

Sun City Tennistoernooi

Hoërskool Sasolburg se eerste seuns- en dogterspanne het vanaf 14 – 17 Maart aan die Menlo Mixed Doubles tennistoernooi te Sun City deelgeneem. Die volgende spanne het in die kompetisie  meegeding:  Menlo Park 1; Menlo Park 2; Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Sasolburg.  Hoërskool Sasolburg eindig 2de.  Hulle kon net-net nie die knoop deurhaak teen `n begeesterde Menlopark nie. Die 10 leerders het puik spel gelewer en hul gees en gedrag was uit die boonste rakke.  Hoërskool Sasolburg is in besonder dankbaar vir die afrigter, Werner Joubert, wat die span tot op hierdie vlak ontwikkel het.  Ons dank aan me. Tessa Coetzer wat die span na Sun City vergesel het.

 Die leerders wat die skool verteenwoordig:  Dewald Spies, Petrich Louw,  Jay-Cee Stoltz, Clinton Stoltz, Frikkie Oosthuizen, Hanke le Roux, Lizette Kramer, Jenna Straw, Lucinda Kramer en Zenita Peens.

 suncity3 suncity2 suncity1

 

Werner Joubert Tennisakademie

Die Werner Joubert Tennisakademie het as doelwit die ontwikkeling van die tennisspeler in sy totaliteit.  Baie aandag word aan die genot van die spel geskenk.

WJTA word deur `n baie bevoegde span bestuur.  Werner Joubert is die hoofafrigter en hy word  bygestaan deur sy assistent, Christelle du Toit.  Christelle is ook verantwoordelik vir die Mini-Tennis.

Cobus van Wyk (Oogkundige), Leon van Niekerk (Sportsielkundige), Louwrens Venter (Fiksheidsinstrukteur) en Patrick Ramoroesi Tsunke (Davisbekerspan –assistant afrigter) is almal deel van die professionele opset. Behalwe vir die top kwaliteit afrigting, word die spelers ook in die visuele en sielkundige aspekte van die spel onderrig.

Verskeie klinieke word gedurende die jaar aangebied.  Die WJTA se basis is by Hoërskool Sasolburg.  Leerlinge van verskeie skole waaronder Hoërskool Sasolburg, Juventas, Lumiére, Transvalia en Parys, vorm deel van Werner se sukses.  Etlike kleuterskole in Sasolburg maak ook gebruik van Werner se dienste.

U kan Werner skakel by 0832641832.

WJ Tennis Akademie 1 2   tENNIS - Copy