ATKV-Redenaars Landswye Finaal 2015
Caitlyn Opperman en Margeaux Opperman neem einde Augustus aan die landswye finaal van die ATKV-redenaars Addisionele Taal in Worcester deel.
ATKV Addisionele Taal Redenaarskompetisie 2015
3 van SHS se leerlinge het deurgedring na die semi-finale rondte van die ATKV se Addisionele Taal Redenaarskompetisie wat op 29 Mei by Sutherland High School in Pretoria gehou gaan word. Margeaux Wassenaar en Caitlyn Opperman neem deel in die afdeling waar voorbereide en onvoorbereide toesprake gelewer word en Jenna Straw aan die afdeling vir voorbereide toesprake.
ATKV-Redenaarskompetisie 2015
Drie van ons leerlinge is deur na die GAUTENG HUISTAAL SEMI-FINALE RONDE wat op 23 Mei 2015 by die NWU in Vanderbijlpark gehou gaan word.
• Melienke Human
• Jesse Beukes
• Jean-Mari Goosen
Redenaars 2014
Rosie Mokoena is die Nasionale wenner van die ATKV Addisionele Taal se Redenaarskompetisie 2014 (Gr. 10 tot 12) wat die afgelope naweek in Buffelspoort gehou is.
ATKV REDENAARSKOMPETISIE: SUID- EN WES-GAUTENG :
Annelene Groenewald wat aan die ATKV-Redenaars se eerste ronde by Hoërskool Florida en Laerskool Suikerbos deelgeneem het, gaan deur na die Suid- Wes-Gauteng semi-finale ronde. Baie geluk! Die semi-finaal vind plaas op Vrydag, 23 Mei 2014 by Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoek-Kampus in Vanderbijlpark.
ATKV REDENAARS
Rosie Mokoena het op 12 April 2014 by Hoërskool Sutherland in Pretoria aan die ATKV se eerste ronde van die ADDISIONELE TAAL se redenaarskompetisie deelgeneem en sy is nou deur die GAUTENG semi-finale ronde. Baie geluk!
Die semi-finaal vind op Saterdag 31 Mei 2014 weer by Hoërskool Sutherland in Pretoria plaas.