AKADEMIESE UITSLAE 2015

Tydens die prysuitdelingsfunksie van die Fezile Dabi Onderwysdistrik het SHS weer die botoon gevoer op grond van verlede jaar se matriekuitslae. Personeel het toekennings ontvang in AGT van die vakke wat aangebied word, naamlik Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, Engels Huistaal en 1ste Addisionele Taal, Afrikaans 1ste Addisionele Taal, Geografie en Gasvryheidstudies. Hiervan was SES vakke se uitslae die beste in die distrik.

The school also received the special director`s award from Mr. Vusi Chuta for maintaining the highest standard of academic results for a school with a high enrolment in the district over the past few years.

Niel Pretorius behaal AGT onderskeidings.

2.Niel Pretorius - Copy

VRYSTAAT TOP 100 AKADEMIESE PRESTEERDERS vir 2014

Cecile Mans, Hannah van Dyk, Jana van der Walt en George Woodley het verskeie pryse ontvang tydens die onderwysdepartement se "Well Done" funksie vir die top 100 leerlinge in die Vrystaat. Die funksie is by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein gehou. Dié leerlinge het verskeie pryse ontvang waaronder `n studiebeurs by die Universiteit van die Vrystaat. Mnr. Storm het die silwer trofee namens mnr. Kalol Muller ontvang. Cecile het ook `n sertifikaat vir die top 10 Rekeningkundeprestasies in die Vrystaat ontvang.

Baie geluk met die skitterende prestasies. Gelukwensing ook aan julle ouers.

Matriekuitslae 004

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Best Quality Results (Grade 12 - 2013) 

At the annual Well Done Function, Sasolburg High School was named as the school with the best quality results in the Fezile Dabi Education District. Representing the school were Johan Jordaan (Business Studies); Chantelle van Rensburg (Mathematics); Kalol Muller (Principal) and Leana Smit-Coetzee (Business Studies and Accounting).

DSC01784

 

 


Hoërskool Sasolburg is een van die top presterende skole in die Vrystaat.

Tydens die jaarlikse erkenningsfunksie gehou (Januarie 2014)  vir skole in die Metsimaholo distrik is Hoërskool Sasolburg as die beste Akademiese skool in dié streek aangewys. SHS het die beste gevaar in Fisiese Wetenskap, Geografie, Rekeningkunde en Wiskunde. Die kriteria was eerstens % slaagsyfer, dan vakgemiddelde. Hierdie is voorwaar `n skitterende prestasie en `n bewys van die harde werk wat deur die onderwysers gedoen word.

FOTO: J van Zyl (Biologie), A. Locke (Wiskunde), M. Reynders (Rekeningkunde), H. Mtombeni (Chief Director FS Education Department), T. Swiegers (Geografie), C. Wilsenach (Fisiese Wetenskap), V.Chuta (Director Fezile Dabi District) en K. Muller (Skoolhoof)

Erkenningsfunksie