HUIDIGE SKOOLHOOF: KALOL MULLER

Die boerseun. Albertus Johannes Muller is op 23 Mei 1952 op Warden in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Dirkie Uys as Dux-leerling, hoofseun, kaptein van die 1ste rugby-, atletiek- en tennisspan en voorsitter van debat en die ACSV.BKE 6752

Daarna behaal hy die BA-graad in Afrikaans en Sielkunde, Hoër Onderdiploma, en B. Ed-graad aan die Vrystaatse Universiteit. Hy is verder ook in besit van 'n Sertifikaat in Skakelpraktyk en het die Middelbestuursprogram by die Naskoolse Skool vir Bestuurswese aan die Potchefstroomse Universiteit voltooi. Hy het verskeie sertifikate in onderhandelingsvaardighede, nywerheidsverhoudinge en interpersoonlike vaardighede verwerf.

Uit sy huwelik met Joan Rodgers in 1973 word 4 kinders gebore, wat almal aan Hoërskool Sasolburg gematrikuleer het: Colette (prefek), Jaco (onderhoofseun), Altus (veelsydigste leerling in graad 12) en Mariska (prefek).

His early years in education were spent in Bloemfontein and Viljoenskroon. In 1984 he became the 1st Deputy Principal of Afrikaans High School in Sasolburg. A year later he was appointed as the 1st principal of Vaalpark High School.
He left education at the end of 1988 and became a Senior Officer in the Human Resources Department of Eskom-Lethabo, where he was in charge of Employer Wellbeing, Sports, Medical Services, Communication and Industrial Relations.

He has joined education again in 1992 when he became the principal of Fonteine Primary School in Sasolburg. In January 1997 he was appointed as principal of Sasolburg High School.

His envolvement in education includes aspects like Chairperson of different School Governing Bodies,the Sasolburg District Athletics Association, the Sasolburg Principal's Association and the South African Teacher's Association; an executive member of the Free State Principal's Association, the Sasolburg Primary School's Football Association and USSASA Sports Council; manager of two (then) black schools at Viljoensdrif and a nursery school. He also served as chief representative of the Teacher's Association in establishing the Sasolburg District Bargaining Council and the Partnership between Education and Business in the Northern Free State School's District.

Sedert sy diensaanvaarding by Hoërskool Sasolburg is die skool by verskeie geleenthede aangewys as die skool met die beste kultuurprestasies in die omgewing, beklee dit vir die afgelope paar jaar die 1ste plek in die Noord-Vrystaat en Vaaldriehoek sover dit akademiese uitslae van matrikulante betref en het verskeie sportspanne in 'n verskeidenheid van sportkodes as ligawenners uit die stryd getree. As gevolg hiervan het hy dan ook by geleentheid die Direkteurstoekenning as die suksesvolste skoolhoof in die Noord-Vrystaat Onderwysdistrik ontvang.

Hy beskou sy primêre taak as skoolhoof en bestuurder om toe te sien dat die skool se leerlinge deur 'n gemotiveerde en akademies-kundige span personeel onderrig word en dat elke leerling in die skool gebalanseerd opgevoed word in 'n omgewing waarin elkeen binne sy eie vermoë sy maksimum potensiaal kan ontwikkel.